PAVATILE Manufacturer of paving products, including cobble paving, block paving, flagging, kerbstones, edging and pool coping.
Reinventing stone

Home
Search
Contact us for paving

Pavingware: Cobble Paving
Pavingware: Block Paving
Pavingware: Kerbing & Edging
Pavingware: Pool & Step Edging
Gardenware: Flagstones
Wallware: Wall Capping

PERSONALISED DESIGN SERVICE
Homeowners, paving contractors, architects and engineers all make use of Pavatile's free CAD layout service.

PERSONALISED DELIVERY SERVICE
Our specialised delivery methods reduce breakages and speed up installations.

CUSTOM PRODUCT DEVELOPMENT
Where the size and nature of the project demands it, landscaping professionals and architects can depend on Pavatile to develop new products according to their requirements.

Advanced paving products for a new generation

Products (Catalogue of Pavatile's paving products)Project Bulletins (News about paving projects)In Conversation With... (Interviews with people in the paving industry)Keeping Up With the Joneses (Pictures of home and garden paving)Pavanology (Specialised paving solutions)The Learning Lapa (Articles about paving principles)

Le Franschhoek Hotel - Episode 1




Jaco van Zyl (in die strepieshemp) ontleed die paduitleg saam met spanlede.
Oud word nuut by dié berghotel in Franschhoek
18 Februarie 2005
2006.01.27 gewysig om veranderinge in produkreeksname aan te dui

Deur Pavatile se verslaggewer


Ek moes eintlik 'n trui gebring het. 'n Mens vergeet maklik dat daar soms bo in die berge 'n windjie waai.

Die bruingebrande brekers op die bouperseel let natuurlik nie eers op daar's wind nie, tensy daar nou 'n boom sou omval. Dis nou manne soos Tommie Eigelaar, die Projekbestuurder; Nico Nel van Nuet Civils, wat verantwoordelik is vir die grondwerke; Jaco van Zyl van Nortjé & de Villiers Raadgewende Ingenieurs; en Neels Grundlingh (Paving Friend) wat heelpad van George af gekom het om met sewe van sy eie manne en nog 'n paar van die omgewing te kom plaveisel lê.

Die hotel waaraan daar verbou worrd, was dekades lank bekend as die Swiss Farm Excelsior en later as die Franschhoek Mountain Manor, en sal na sy vernuwing in die luuksheidsidioom van "The Ritz" en "The Grace" eenvoudig as "The Franschhoek" bekendstaan. Heelwat van Pavatile se plaveisel — veral die duursame ClassiCobble 75 — is deur ontwerper Tanya de Villiers van CNdV Africa vir hierdie projek gespesifiseer.

Saam met Marius Cloete van Pavatile, bekyk die manne na Tanya se plan op die kap van die bakkie. Maar dis 'n ou plan, en boonop lyk asof daar 'n reguit patroon om 'n kinkel in die pad moet loop. Hmmm, dit kan 'n bietjie sukkel.

"As ek sukkel, dan kry ek 'n ander manier om die ding te doen, " sê Jaco.

Marius stel 'n uitleg voor wat vinniger, beter en makliker sal pak en nogtans aan Tanya se estetiese vereistes voldoen.

Teen die einde van die middag is daar 'n Plan B op die tafel wat in samewerking tussen Tanya, Marius en Pavatile se eie tegniese ontwerper Derrick Houy tot stand gebring is.


Lees nou Episode 2


Nico Nel van Nuet Civils


Tommie Eigelaar (Projekbestuurder) saam met Neels Grundlingh (Paving Friend)



Home | Search | Contact | Products | Projects | Interviews | Pavanology™ | Gallery | Learning